Visuele Kunste en Fotografie - nelspruiteisteddfod.co.za

70 downloads 21535 Views 513KB Size Report
2016 Visuele Kunste 4 / 5 Ontwerp Hierdie tema kan as volg vir ontwerp geinterpreteer word: Die konsep van “binne” (hetsy fisies, metafories en of geestelik ...
Visuele Kunste en Fotografie Voorsitter: Tabita Sales, 072 083 7072 - [email protected]

Inhandiging: 22 Augustus 2016 08:00 – 17:00 AGS Communio Kerksaal, cnr Jakaranda & Kaapschehoop Streets Afhaal van Inskrywings: 26 Augustus 2015 08:00 – 17:00 AGS Communio Kerksaal, cnr Jakaranda & Kaapschehoop Streets Let wel: Indien kunswerke en sertifikate nie hierdie dag afgehaal word nie kan die Eisteddfod nie aanspreeklik gehou word vir die veilige bewaring of stoor van kunswerke en sertifikate nie. Navrae oor sertifikate en inskrywings sal na die afloop van die Gala aand sluit.

Lees asseblief die algemene reëls, sowel as die algemene reëls van die dissipline en spesifieke sub-dissipline riglyne. INSKRYWINGSFOOIE Skone Kuns Ontwerp Fotografie

R 90-00 R 90-00 R 90-00

DIE ALGEMENE VISUELE KUNSTE REËLS: 

    

 

Die Visuele Kunste dissipline verteenwoordig drie sub-kategorieë: 1. Skone Kuns – Teken of Verf 2. Ontwerp 3. Fotografie Daar sal nie geteken of geskilder word tydens die verloop van die Eisteddfod nie. Alle werke moet vooraf voltooi word en slegs op die bogenoemde datum ingehandig word vir beoordeling. Skone Kuns en Ontwerp inskrywings moet onder toesig by die deelnemende affiliate afgehandel word. Die Visuele Kunste kategorie is nie-kompeterend. Deelnemers sal beoordeel word volgens vermoëns en ouderdom. Dit is baie belangrik dat affiliate nie ‘n groep inskrywings stuur wat dieselfde lyk nie. Doen eerder ‘n paar verskillende idees waaruit die deelnemers kan kies. Dit is veral ‘n probleem onder jonger deelnemers. Dit is soms verstommend wat jonger deelnemers kan bemag as daar meer vryheid gegun word en minder van ‘n “resep” vir die kunswerk gegee word. Deelnemers sal baie beter vaar. By inhandiging van voltooide werk, moet inskrywings as oorspronklik geverifiëer word by die registrasietafel, in die Burgersentrum van die Nelspruit Gemeenskapsaal. Let wel dat inskrywings nie verwisselbaar is nie. Dus, indien ingeskryf vir fotografie (ART 9 – 12), kan daar nie tydens inhandiging ‘n getekende of geverfde (ART 1 - 4) werk ingehandig word nie.

2016 Visuele Kunste 1 / 5

Vereistes vir inhandiging en beoordeling:

Raam van monteerbord tussen 20mm en 35mm breed

Alle inskrywings vir Visuele Kunste moet soos volg gemonteer word:  Skone Kuns en Ontwerp inskrywings van A3 grootte (297mm X 420mm) moet op enige wit of swart dik karton gemonteer word.  Daar moet ‘n minimum raam uit monteerbord van 20mm, en maksimum van 35mm raam om die kunswerk sigbaar wees.  Fotografie inskrywings van A4 grootte (297 x 210 mm) moet op dik karton gemonteer word. Let wel – GEEN geblokte werk nie. Kunswerk  Inskrywings moet deeglik aan die raam vasgeplak of vasgeheg word deur gomstafies of maskeerband.  Werke kan in portret- of landskaporiëntasie wees.  Let wel: o Geen geraamde werke wat glas bevat sal aanvaar word nie. o Werke moet liefs nie hakies of spykers agteraan hê nie. o Geverfde inskrywings (akriel of olie) MOET droog wees en slegs op ‘n geblokte kunsdoek wees. o Waterverf inskrywings moet soos ‘n tekening gemonteer word met dik karton en die papier moet gestrek word indien nodig. o Werk wat nie korrek gemonteer is nie, sal nie beoordeel word nie!  Kontak asseblief vir Tabita (072 083 7072) vir meer inligting of vrae in verband met montering.

Die volgende inligting moet op die voorgeskrewe vorm (beskikbaar aanlyn) verskyn: o Naam en Van van Deelnemer (Soos dit op die sertifikaat moet verskyn) o Naam van Skool of Affliaat o Ouderdom van deelnemer soos op 15 Augustus 2016. o Sub-kategorie nommer o Inskrywingsnommer van die deelnemer o Verklaring van die onderwyser, in die geval van ‘n skolier, of deelnemer (oop item) dat die inskrywing wel oorspronklik is. Hierdie verklaring dui ook daarop dat die deelnemer en affiliaat bewus is dat plagiaat onder geen omstandighede toegelaat sal word nie. Om beelde en idees (verkry van die internet – Facebook, Pinterest, Instagram) net so aan te bied as jou eie sonder om dit jou eie interpretasie te maak is bloot verkeerd en werke sal summier gediskwalifiseer word. 

     

Die voorgeskrewe vorm (beskikbaar op die webblad - www.nelspruiteisteddfod.co.za) moet aan die agterkant van die inskrywing vasgeheg word. Die inskrywing sal nie beoordeel word sonder hierdie vorm nie. Kontak asseblief die administratiewe sekretaresse indien u nie toegang tot die internet kan bekom nie. Slegs deelnemers wie se naam op die program verskyn, se inskrywings sal aanvaar word. Kontak vir Tabita Sales indien ‘n deelnemer se naam nie op die program verskyn nie. ‘n Skone Kuns, Ontwerp of Fotografiese werk mag slegs 1 maal ingeskryf word. Alle kunswerke bly by die Eisteddfod se bestuur op die risiko van die deelnemer tot na die beoordeling. Die bestuur van die Eisteddfod behou die reg voor om van die kunswerke tydens die gala-aand uit te stal. Die kunswerke kan na beoordeling afgehaal word op die datum soos aangedui. Geen laat inskrywings word aanvaar nie.

2016 Visuele Kunste 2 / 5

TEMA 2016 AAN DIE BINNEKANT Skone Kuns Hierdie tema kan as volg vir skone kuns geinterpreteer word:  Ondersoek die binnekant van ‘n voorwerp. Die binnekant van ‘n vrug, saadpeul ens., of dalk die binnekant van ‘n masjien, handsak of enige ander interesante voorwerp.  Biologiese ondersoeke kan ook vir interesante werk sorg – geraamtes en organe?  Ondersoek die konsep van “binne” in kontras met “buite”. Hier kan gespeel word met wat gesien word en wat nie gesien word nie, wat weggesteek word en wat ten toon gestel word.  Die gebruik van lig en donker kan ook hier goed werk.  “Binnekant” of binne kan ook metafories gesien word en dui op geestelike of spirituele wêreld.

Spesifieke Riglyne vir Skone Kuns    

 

Vir die doeleindes van hierdie jaar se beoordeling sal tekenkuns of skilderkuns aanvaar word. Inskrywings in ink, potlood, kleurpotlood, pen, houtskool of pastelle (enige) sal aanvaar word. Mediums kan gemeng word, maar geen collage kan hier ingeskryf word nie. Indien skilderwerk ingeskryf word moet dit soos volg ingehandig word: o Olie- of Akrielverf Slegs op geblokte/gestrekte kunsdoek (blocked or stretched Canvas). Geen rame word aanvaar nie. Geen glas word aanvaar nie. Moet asb nie swaar houtborde gebruik om op te verf nie. Beoordeling sal die deelnemer se tekentegnieke, verftegniek, komposisie, tonale waardes en belangrik – die graad van waarneming oorweeg, waar van toepassing. Skone Kuns inskrywings moet op ‘n A3 grootte papier (297mm x 420mm) ingehandig word.

Item nommer ART1 ART2 ART3 ART4

Ouderdom soos op 15 Augustus 2016 6–9 10 – 13 14 – 17 18 +

2016 Visuele Kunste 3 / 5

Ontwerp Hierdie tema kan as volg vir ontwerp geinterpreteer word:  Die konsep van “binne” (hetsy fisies, metafories en of geestelik/spiritueel) kan deur ontwerp vertolk word, deur gebruik te maak van beelde, woorde en komposisie.  Bogenoemde effekte kan ook deur middel van rekenaarprogramme soos Photoshop gedoen word.  Hierdie afdeling is ook ‘n goeie keuse vir jonger leerlinge (6 – 13) omdat collage (knip en plak) gebruik kan word om die tema meer pret te maak as net waarneming en uitbeelding (klassieke kuns benadering).

Ontwerp spesifieke riglyne:   

    

Ontwerp behels simbolisme, tekenkuns, tipografie en collage om ‘n konsep visueel oor te dra. Konsep is baie belangrik. Inskrywings in potlood, kleurpotlood, pen, houtskool of pastelle sal aanvaar word. Inskrywings kan ook tydskrif, koerant en fotografiese uitknipsels of tipografie aanwend deur middel van collage. (Gebruik egter slegs gomstafies en nie vloeibare gom.) Werk kan ook deur middel van rekenaarprogramme soos Photoshop, Corel Draw of Illustrator behartig word. Geen skilderwerk (akriel of olie) sal aanvaar word vir hierdie afdeling nie, maar die gebruik van ink en waterverf as illustrasiemedium sal aanvaar word. Ontwerpinskrywings moet op ‘n A3 grootte papier (297mm x 420mm) ingehandig word. Indien werk deur middel van ‘n rekenaarprogram voltooi is, moet dit ook in A3 grootte papier gedruk en volgens die Eisteddfod reëls ingehandig word. Let wel, inskrywings moet streng twee-dimensioneel wees. Geen drie-dimensionele elemente sal toegelaat word nie. (Byvoorbeeld; botteldoppies, sand, mosaїk of ander elemente nie).

Item nommer

Ouderdom soos op 15 Augustus 2016

ART5 ART6 ART7 ART8

6–9 10 – 13 14 – 17 18 +

2016 Visuele Kunste 4 / 5

Fotografie Hierdie tema kan, byvoorbeeld, as volg vir fotografie geinterpreteer word:  Neem fotos van ‘n stillewe komposisie wat “binnekant” visueel ondersoek deur gebruik te maak van ‘n ander interesante voorwerp.  Die “binnekant” is baie keer die onsigbare, die versteekte. Om iets te fotografeer wat gewoonlik nie voor die lens sou verskyn nie kan sorg vir interesante komposisies.  Gebruik lig/donker, of fokus om “binne”, die teenoorgestelde van “buite” uit te beeld.  Ondersoek “binnekant” as ‘n emosionele /geestelike of spirituele konsep kan deur mense en of landskappe gekommunikeer word. j

Fotografie Riglyne:   

  

Die kreatiewe en tegniese aspekte van fotografiese inskrywings sal beoordeel word. Fotografiese werk kan in kleur of in swart en wit ingehandig word. Digitale manupilasie wat meer behels as “crop, burn of dodge” van die werk, sal nie aanvaar word nie. Filters en kleurbehandelings kan gebruik word soos beskikbaar op Photoshop en Instagram. Anders gestel, kan beelde nie “saamgevoeg” word nie, maar slegs visueel verbeter word. Fotografie inskrywings moet op ‘n A4 grootte (297 x 210 mm), op fotografiese papier in glans, ingehandig word. Deelnemers wat digitale manipulasie gebruik moet ‘n kopie van die oorspronklike foto agter aan die inskrywing heg. LET WEL: GEEN GEBLOKTE FOTOS NIE. Fotografie inskrywings moet slegs op karton of met ‘n karton raam gemonteer word en geen hakkies word benodig nie.

Item nommer ART9 ART10 ART11 ART 12

Ouderdom soos op 15 Augustus 2016 6–9 10 – 13 14 – 17 18+

2016 Visuele Kunste 5 / 5